Afdeling uitkomste
-
-
Begin:
Hieronder is 'n voorskou van die inhoud wat beskikbaar is in die Graad 11 Rekenaartoepassingstegnologie-kursus.
Kliek op een van die afdelings hieronder om jou voorskou te begin. In Graad 11 sal ons Microsoft Access, Excel en Word behandel. Let asseblief daarop dat hierdie lesse fokus op die praktiese gedeelte van Rekenaartoepassingstegnologie.
Elke afdelingsoorskrif bevat 'n voorbeeldles soos dit aangebied word in die hoofkursus.
Gedurende die les sal jy 'n bladsy te sien kry met 'n video, 'n aflaaibare lêer (indien nodig) en 'n selfbeoordeling om jou vaardighede te toets.
Kontak ons asseblief as jy sukkel met enige funksies of meer wil weet oor wat aangebied word.
-
Microsoft Word
Les 4 – Voeg verskillende soorte breke in
Laai die onderstaande Word dokument af voor jy aangaan na die self-assessering.
Les 4 – Voeg verskillende soorte breke in
Self-assessering
Les 4 – Voeg verskillende soorte breke in
Maak die lêer oop wat jy vir hierdie les afgelaai het en voer die volgende opdragte uit:
- Verwyder die bladsybreek (page break) op bladsy 1.
Wenk: skakel “Show/Hide” aan sodat jy die bladsybreek kan sien.
- Voeg ‘n seksieonderbreking (section break) in net voor die opskrif “Common Social Media Features” op bladsy 1.
- Verander nou bladsy 1 se oriëntasie (orientation) na landscape.
- Maak seker dat slegs bladsy 1 landscape is en die res van die dokument steeds portrait gebly het.
- Op bladsy 3 is ’n gedeelte met kolomme. Voeg ’n kolombreek (column break) in voor die paragraaf wat handel oor “cyberbullying” wat aan die onderkant van die eerste kolom verskyn.
- Maak seker dat hierdie paragraaf aan die bokant van die tweede kolom verskyn nadat jy die kolombreek ingevoeg het.
- Voeg ’n bladsybreek (page break) in voor die opskrif “What Does the Future Hold …” net na die kolomme.
- Stoor die lêer in jou folder vir hierdie les.
-
Microsoft Excel
Les 5 – Gebruik funksies: count, counta, countblank
Laai die onderstaande Excel dokument af voor jy aangaan na die self-assessering.
Les 5 – Gebruik funksies: count, counta, countblank
Self-assessering
Les 5 – Gebruik funksies: count, counta, countblank
Maak die lêer oop wat jy vir hierdie les afgelaai het en voer die volgende opdragte uit:
- Sel F38: Gebruik ’n funksie om te bereken hoeveel selle in kolom F wel formules bevat.
- Sel B40: Gebruik ’n funksie om te bereken hoeveel leerders daar is deur hulle vanne in kolom B te tel.
- Sel C42: Gebruik ’n funksie om te bereken hoeveel grade in kolom C nie ingevul is nie.
- Sel D44: Gebruik ’n funksie om te bereken hoeveel leerders se kaartjies nog uitstaande is.
- Sel J2: Die funksie in hierdie sel is verkeerd. Stel dit reg sodat die name van die leerders getel kan word. Die antwoord moet 35 wees.
- Unhide die werkblad met die naam “Oplossing” sodat jy kan sien of jou berekeninge korrek was.
- Stoor die lêer in jou folder vir hierdie les.
-
Microsoft Access
Les 6 – Tabelle: Gebruik 'n valideringsreël (validation rule)
Tabelle: Gebruik 'n valideringsreël (validation rule)
Laai die volgende Access databasis en pdf dokumente af:
Les 6 – Tabelle: Gebruik 'n valideringsreël (validation rule)
Les 6 – Tabelle: Skep ’n valideringsreël (validaton rule)
Maak die lêer oop wat jy vir hierdie les afgelaai het en voer die volgende opdragte in die Athletics Event tabel uit:
- Skep ’n valideringsreël vir die “Email”-veld om seker te maak dat al die adresse wel ’n @-simbool bevat. Voeg ook gepaste valideringsteks by.
- Skep ’n valideringsreël by die “Age”-veld om die ouderdomme wat ingevoer kan word, te beperk tot leerders wat 13 tot 19 jaar oud is. Voeg ook gepaste valideringsteks by.
- Skep ’n valideringsreël by die “DOB”-veld om seker te maak dat almal wat deelneem, op of na 01/01/2001 gebore is. Voeg ook gepaste valideringsteks by.
- Maak die tabel met die naam Learners oop en kyk of jy die opdrag korrek voltooi het.
- Stoor die lêer in jou “folder” vir hierdie les.